admin@gromar.co.za 013 262 5419

CVO Gromar

  • Welkom
  • Ons Skool
    • Geskiedenis
    • Visie en Missie
    • Akademie
    • Sport
    • Kultuur
    • Opvoedingsraad
    • Personeel
    • Hoofleiers
    • Fasiliteite
    • Skoolgelde
    • Tradisies
  • Koshuis
  • Klouter Klitsies
  • Nuusblad
  • Kontak Ons
  • CVO Gromar

Klouter Klitsies Kleuterskool

Klouter Klitsies Kleuterskool is opmerklik anders. Die perfekte leeromgewing vir u kind.

As deel van CVO Gromar se Familie sien Klouter Klitsies die kind in totaliteit. U kind word ondersteun om in ‘n verrykende mileu holisties te ontwikkel. Ons Afrikaanse-Christelike karakter vorm ‘n verlengstuk van die goeie waardes wat reeds tuis aangeleer en ontwikkel word.

In die dagprogram word konsepte en vaardighede vasgestel. Daagliks word daar ge-eksperimenteer en ontdek. Ons spog met puik ingerigte klaskamers en ‘n groot speelterrein waar kreatiewe denke gestimuleer kan word en probleemoplossingsvaardighede aangeleer word deur middel van spel.

Gesonde maaltye, uitgewerk deur 'n dieetkundige word aan elke kindjie beskikbaar gestel teen geen addisionele koste.

Die onderwyseresse is betroubaar en ‘n gedugte span met jare se ondervinding, kwalifikasies en noodhulpkursus sertifikate. Opknappingskursusse word ook gereeld bygewoon.

  • Visie

    Om die kleuter geestelik, verstandelik en liggaamlik voor te berei vir die wêreld daar buite.

  • Missie

    Om elke kind wat deur ons versorg word, ‘n liefdevolle gebalanseerde en suksesvolle volwassene te maak met ‘n goeie selfbeeld. Ons vertrou en respekteer mekaar en kommunikeer openlik.

    Individuele aandag word met liefde en begrip en deernis, volgens sy of haar eie behoeftes gebied. Ons bied gesonde, konstruktiewe spel en ontspanning vir u kleuter. Genoeg vryspel sodat u kind kan fantaseer en sosialiseer.

Uitsonderlike kurrikulum:

Abakus word daagliks aangebied.

Kleuters kry elke dag 'n goeie ontbyt, sowel as 'n geballanseerde middagete.

Ons Gr.0 Klitsies presteer in sport en kultuur.

Exito – Arbeidsterapie program word van baba’s tot Gr.0 weekliks aangebied.

Ons fokus op:

  • Persoonlik, sosiaal en emosionele ontwikkeling
  • Kommunikasie, klank en taal
  • Probleemoplossing, redenering en gesyferdheid
  • Kennis van die kind se wêreld
  • Fisiese ontwikkeling
  • Kreatiewe denke

Speelterrein:

Goed versorgde grasperk, sandput, padverkeersbaan, swaaie, boomklim bome, speelapparate en vele meer.

Jaarliks word ‘n konsert aangebied.

Buitemuurse aktiwiteite in die omgewing:

  • Playball
  • Gimnastiek
  • RSD Rugby
  • NSD Netbal
  • Swem
  • Ballet
  • CVO Gromar
  • H/v Ribbok & Robertsonlaan, Groblersdal
  • Posbus 888, Groblersdal, 0470
  • 013 262 5419
  • 013 262 5334
  • admin@gromar.co.za
  • finansies@gromar.co.za
  • S25° 09’ 44.9” E29° 23’ 30.18”

* Vul asseblief alle vereiste vormvelde in.

Kopieregs © 2025 CVO Gromar. Privaatheidsbeleid | Diensvoorwaardes
Ontwikkel deur DANNEL WEB DESIGN

Admin besig met veranderinge

Admin besig met veranderinge