

Geskiedenis
“Gromar Landbou Akademie - ‘n Skool, gefundeer op die woord van God, waar die Skrifbeginsels soos dit bely word in die Drie Formuliere van Eenheid in elke vak aan ons kinders oorgedra moet word. ‘n Skool waar verbondsouers besluit oor die onderrig en opvoeding van hulle kinders tot eer van God Drie-Enig. ‘n Skool waar Afrikaans en ons Volkskultuur as erfenis bewaar en uitgebou sal word - ook tot eer van ons Skepper.”
1997
- Maart 1997 - Vergadering
- April 1997 - Opvolg vergadering: 8 Manne word gestuur om ondersoek in te stel.
- April 1997 - Loodskomitee vergader eerste keer.
- Mei 1997 - Aansoek gedoen vir grond wat geskik sou wees.
- 18 Junie 1997 - Trust word geskep: Hulle moet skool se karakter vestig, die skool begin, asook toekomstige eiendom administreer en ontwikkel.
- 8 Oktober 1997 - Mnr A M L Combrink word aangestel as eerste skoolhoof.
- 3 November - Mnr Combrink woon sy eerste vergadering van Loodskomitee en Trust by.
1998
- 12 Januarie 1998 - Opening van die skool.
- 13 Januarie 1998 - Skool begin amptelik
- 14 Januarie 1998 - Eerste Ouervergadering.
- 18-27 Maart - Eerste Toetsreeks vind plaas.
- 13 Leerlinge neem ook hierdie jaar deel aan Atletiekbyeenkoms op Vivo.
- Julie 1998 - Fondasies van die skoolgebou is reeds gelê en bouwerk begin eersdaags.
1999
- 30 Januarie 1999 - Eerste Huissport met 59 leerlinge op Julian Muller se velde.
- 23 Maart 1999 - Gromar draf die eerste keer met hulle Rugbytruie op die veld.
- November 1999 - Nuwe skoolgebou is klaar. Geboue word skoongemaak en reggekry; Skoolbande en stoele word gelaai en geskuif na nuwe gebou.
- 1999 - Neem deel aan eerste Winterspele in Kroonstad.
2000
- 12 Januarie 2000 - Nuwe skoolgebou word amptlik geopen.
- 16 September 2000 - Eerste Matriekafskeid.
- Mnr Phillip Spangenberg is die nuwe hoof.
- Eerste Matriek klas.
- Rekenaarsentrum begin met 6 rekenaars.
- Winterspele in Pretoria
2001
- Gromar bied Kultuurfees aan.
- Redenaars te Bloemfontein: Gromar leerling is kampioen
- Sportgronde word skoongemaak en gras geplant.
2002
- Laerskool Open met 50 leerlinge
- Graad 0 klas begin
2003
- 3 Mei: Inleiding van Gromar se eie Sportgronde
2004
- Gromar open eie Koshuis
- Mnr Wouter Scholtz nuwe Hoof
- Netbalbane word ingewy
2006
- Mnr Gerhard Swart nuwe Hoof.
2017
- Huis Kameeldoring word geopen op Gromar se terrein.
2022
- Januarie 2022 - Mnr Derek Morkel tree in as waarnemende hoof.
- Oktober 2022 - Mnr Rudi Oelofse word aangestel as hoof.
2023
- Ingangsmuur by Oostelike hek word opgerig
