admin@gromar.co.za 013 262 5419

CVO Gromar

  • Welkom
  • Ons Skool
    • Geskiedenis
    • Visie en Missie
    • Akademie
    • Sport
    • Kultuur
    • Opvoedingsraad
    • Personeel
    • Hoofleiers
    • Fasiliteite
    • Skoolgelde
    • Tradisies
  • Koshuis
  • Klouter Klitsies
  • Nuusblad
  • Kontak Ons
  • CVO Gromar

Huis Kameeldoring

Gromar se koshuis, Huis Kameeldoring is in die hart van die skool geleë. Die koshuis is vanaf 2017af oop en bied ’n tuiste vir gemotiveerde, presterende leerlinge van reg oor die land. Hierdie koshuis ondersteun in elke opsig die skool se strewe na uitnemendheid en is met trots in die Gromar-waardes van integriteit, lojaliteit, respek en ywer gewortel. Dis ‘n hegte Gromar-gesin wat die geleentheid aan leerlinge  bied vir maksimale betrokkenheid by die skool se aktiwiteite en ondersteuning van alles op die Gromar-terrein.
  • Koshuisinwoning  maak voorsiening vir  30 seuns en 30 meisies van Graad 7 tot Graad 12
  • Die bestuur van die koshuis word deur ’n koshuisraad hanteer, wat uit ’n ervare koshuisvader en moeder, matrone asook koshuisleiers bestaan.
  • Koshuisinwoning is as gevolg van die beperkte plekke jaarliks beskikbaar en aan ’n keuringsproses onderhewig. Die aansoekvorm vir keuring is by die skool kantoor beskikbaar.
  • Die jaarlikse koshuisgeld is streng vooruitbetaalbaar en kan óf eenmalig gedurende Januarie, óf in kwartaallikse paaiemente binne die eerste week van elke kwartaal, of in 11 maandelikse paaiemente vanaf Januarie tot November, voor die derde dag van elke maand, betaal word.
  • Rig alle navrae aan admin@gromar.co.za

Koshuis Personeel:

Rudi Oelofse - Koshuisvader

Gerdie Schoonbee - Matrone / Koshuismoeder

Inwonende Personeel:

Willem Riekert

Marné de Jager

Koshuis Leiers 2024:

Erik Rautenbach
Stian Pretorius
Chéna Davel
Maria Pretorius

 

Kopieregs © 2026 CVO Gromar. Privaatheidsbeleid | Diensvoorwaardes
Ontwikkel deur DANNEL WEB DESIGN

Admin besig met veranderinge

Admin besig met veranderinge